
By Cool2feel streef ons na emosionele intelligensie wat ‘n kind deur sy/haar lewe kan gebruik en saam kan neem tot in sy/haar volwasse lewe.
Net soos volwassenes ervaar kinders ook emosies en voel soms oorweldig daardeur. My passie en droom is om kinders touwys te maak oor hoe om op ‘n sosiale aanvaarbare manier hulle emosies te verwoord
By Cool2feel streef ons na emosionele intelligensie wat ‘n kind deur sy/haar lewe kan gebruik en saam kan neem tot in sy/haar volwasse lewe.
Net soos volwassenes ervaar kinders ook emosies en voel soms oorweldig daardeur. My passie en droom is om kinders touwys te maak oor hoe om op ‘n sosiale aanvaarbare manier hulle emosies te verwoord. Op hierdie manier word ouers ook bemagtig om hulle kinders se emosies beter te verstaan.
Ek is ‘n kinderopvoeder in emosionele intelligensie, wat graag ‘n positiewe verskil in ‘n kind se lewe wil maak. Ek is al 20 jaar met kinders betrokke, 10 jaar daarvan as onderwyseres en 10 jaar in
kleingroep situasies.
Sel nr. :084 335 8544.

Ek het in Bloemfontein groot geword, maar woon tans in die mooie Durbanville. Ek is gelukkig getroud en 'n ma van 3 kinders. Ek dink dit is juis uit my gesin se groeiende emosionele behoeftes, veral nou dat meeste van hulle tieners is, dat ek die volgende besef het:
· Ek wil en kan 'n verskil maak in kinders se sosiale vaardighede en em
Ek het in Bloemfontein groot geword, maar woon tans in die mooie Durbanville. Ek is gelukkig getroud en 'n ma van 3 kinders. Ek dink dit is juis uit my gesin se groeiende emosionele behoeftes, veral nou dat meeste van hulle tieners is, dat ek die volgende besef het:
· Ek wil en kan 'n verskil maak in kinders se sosiale vaardighede en emosionele intelligensie.
Kinders is more se volwassenes, so vroeë intervensie het n groot effek op die toekoms.
My liefde vir en ondervinding met kinders het reeds in 1999 begin. Ek het die ongelooflike geleentheid gehad om in England te bly. Daar het ek baie waardevolle ondervinding opgedoen deur in kleuterskole en privaatskole skool te hou. Dis daar waar ek besef het: Ek sal altyd met kinders werk, dis my passie in die lewe.”Ek het voortgebou op my England ondervinding en is nou al 5 jaar betrokke met die opbou van kinders se sosiale vaardighede en emosionele ontwikkeling.
Ek en my kollega, Liesel la Grange, het koppe bymekaar gesit en dit was die begin van Cool2feel.
Emosies is kompleks vir kleuters, maar dit vorm ‘n integrale deel van elke volwassene en kleuter se lewe. Party kleuters vind die bestuur van hulle emosies moeiliker as ander. Met die groeiende sosiale media en tegnologie, is sosiale vaardighede ook iets wat heelwat aandag vereis in die samelewing.
Dit is vir my 'n groot voorreg om my passie in die lewe te kan uitleef.
Sel nr.: 072 3788 016
Copyright © 2021 Cool2Feel - All Rights Reserved.
Powered by GoDaddy